:: Yskasverse

Yskasverse is friedsh pouetrie. Dis die magneetwoordjies wat jy rondskuif om uiting te gee aan onwillekeurige stuiptrekkinge van kreatiwiteit. Die grense wat slegs 'n aantal beskikbare woorde aan mens stel maak dat dit vet pret is.

Hoekom koop jy nie vir jou ook 'n stelletjie nie, dan stuur jy jou verse vir ons om hier te vertoon.

Hierdie versies moet half weird lees omdat mens baie min woorde het om uit te kies wanneer jy hulle maak. Dis hoe friedsh pouetrie werk.


blitse donder in bitter flarde
julle ritme van bloed skiet kind en gebou
ploeg mens tot kaal en krom
die kosmos strompel koorsig aan

Oktober 2001

Hierdie woordskommel is inspireer deur die oorlog wat oor Afghanistan losgebars het met Amerika se respons op Sept. 11. Dit het 'n gevoel van nutteloosheid binne my siel gelaat, hierdie perpetuele siklus waarin ons die foute en wreedaardighede van ons voorvaders vir altyd herhaal. Ek is getref in daardie tyd deur die tekortkominge van die mens, sy beperkte vermoë om lief te hê, om te verstaan, om in te sien. Om geloof in God te hê.



helder kamera op my siel

honger gogga kielie
smulleker se eggo
bly vroetel om vermaak
vonkelsmaak en feesmaal
waai plesier in my hart

Sondagmiddag voor ete, Junie 2001



'n oomblik in 'n woestyn
verbeel 'n dans in pers wyn
frommel musiek tot gedagtes
hoekom eenkant vergaan

Februarie 2001



rooi smelt los vir oggend
'n kringgloed vol nuwe bont
skaterlag sy deuntjie van lewe
dis môre

Februarie 2001