Appeltert

Abri, hierdie een is vir jou, ter viering van Herfs hier by ons en jou droom om appels te pluk in 'n boord. Jy kan dit hier kom doen as jy kom kuier, hier is 'n boord net hier in die straat af! Mens betaal per pond wat jy pluk. As jy nie die appels hier wil kom pluk nie, koop dit by die Pick & Pay en try hierdie hond maklike tert!

Dis herfs en dit beteken mens eet baie appels hier in Amerika. Dis genuine 'n maklike resep (as jy die kors gekoop kry) en maak soos woerts. Ons gunsteling appeltert!

Bestandele

1 pak (2 korse) Pillsbury Piecrusts
5-6 appels
3/4 koppie bruinsuiker
2 eetl. meel
1 eetl. suurlemoensap
1/2 teel. kaneel
knippie sout

Metode

Skil die appels en sny in agstes. Meng al die bestandele, plaas dit in die voorbereide kors.

Sit nou die tweede kors bo-oor, seel dit aan die kante met jou vingers (zig-zag) en sny vier gleufies in die kors bo-op met 'n skerp mes.

Bak in die oond by 425 grade Fahrenheit vir 30 minute. Verlaag die temperatuur na 350 grade Fahrenheit en bak vir nog ongeveer 30 minute. Sit foelie oor die bokant as dit nodig raak. (Gewoonlik bak ons dit bietjie korter as dit, jy moet maar dophou hier na die einde rond).

Ons het die resep gekry by Eric & Lis