Ons het weer ons anniversary gevier met 'n snowboard vakansie! Die slag in Vermont, waar ons ook bietjie explore het en selfs ge-"snowshoe" het! Ons het weer in 'n romantiese B&B gebly en 'n wonderlike naweek saam gehad!
Kyk vrinne, daar's min dinge in die wêreld wat my en Marésa so verskriklik opgewonde maak soos sneeuvlokkies wat uit die lug wals. Hierdie seisoen is ongelooflik, want ons het al 'n stuk of twee na drie goeie sneeue gehad (elke slag so 15-20cm sneeu). Dit maak vir baie pret, en interessante foto's. Kom loer gerus.
Ons sien 'n tradisie hier aan't kome! Kom kyk gerus hierdie jaar se kersboom, ekslusief met 'n dokumentêr van hoe ons hom gaan jag het. Ons het ook 'n reeks foto'tjies bygesit van al ons oulike nuwe kersboomversiersels.
7 dae, 2700 km's, 9 asemrowende hoogtepunte van die Suidweste van Amerika. Ons het 'n ongelooflike vakansie agter die rug, 'n handjievol goue tyd wat Ernest Hemingway in 'n tydlose novel sou omsit, Vivaldi in 'n majestieuse simfonie.
'n Dag by die akwarium in Baltimore. Kyk hierna as jy foto's wil sien van die mees ongelooflikste diere wat God op dag 4 geskep het.
Kort na ons besoek in Suid-Afrika het ek en Jason en Prankul New York City toe gery vir die dag om dié karskou te gaan besoek. Maar daardie dag het ek ook 'n ander deurbraak gehad... ek het my vlerkies verdien om in Manhatten te bestuur. Jip, ek het getoet, iemand afgesny, 'n kruising geblok vir 15 minute, elke ding wat 'n waardige Manhatten bestuurder maak.
Jip, hier's uiteindelik ook 'n inskrywing in ons joernaal oor ervaringe wat ons in Suid-Afrika gehad het. Ons het nie so baie foto's geneem nie, want ons het erg gefokus op strand-ontspanning!
So 'n paar kosbare ure saam ons peetkinders. Kliek hier vir die pragtigste twee kinders.
Marésa het saam met Evandi, Jason en Kevin geleer snowboard en moes die ongelooflike ervaring met my ook deel. Dit was ongelooflik inderdaad! Ons kan nie wag om weer te gaan nie. Mensdom dis pret.
Ons het ons eerste ski-ervaring gehad met ons derde huweliksherdenking. Ons het 'n ongelooflike romantiese midweek-naweek gehad in die berge, met kaggelvuur en sneeu en alles wat ons oor kon droom...
Siek soos dit mag klink, Marésa moes Kersdag werk. Darem net halfdag, wat gemaak het dat ek saam met haar kon gaan en haar in haar element kon gaan afneem. Kliek hier in vir foto's van Marésa se werksplek!
Jip, hier kan jy ons kersboom besigtig! Dis nie sommer so 'n kersboom nie, ons het hierdie jaar 'n regte egte kersboom gekry by 'n kersboomplaas!
Hierdie was 'n kort maar kragtige besoekie aan New York City. Ons het die middag rondom die World Trade Center site rondgeloop ("Ground Zero"). Die aand het ons ons eerste Broadway opvoering in die U.S.A. gaan besigtig! Phantom of the Opera...
Op die jaarlikse besigste inkopiedag in Amerika het ons besluit om eerder 'n plaaslike museum te besoek. Dit natuurlik na ons die oggend reeds bietjie in die winkels was... Maar nietemin het ons die agtermiddag hier spandeer en het baie geleer van die plaaslike talent...
Ons het 'n boer $10 elk betaal om in sy mielieland te verdwaal!! Yup, hierdie was groot pret gewees. Die pamflet sê "Since you were 3 years old you've been waiting for this moment! Now it's here..." Dit is presies hoe dit met Marésa was, wat baie baie opgewonde oor die hele ekskursie was!
Ons het een Vrydagmiddag so 15 minute vanaf ons huis bietjie in die woud gaan stap en foto's neem van die pragtige herfskleure...
Ons het 'n tafel gehad met ons kerk se onlangse "International Sunday", waar ons die geleentheid gekry het om eg Suid-Afrikaanse kos voor te hou aan die kerk...
'n Breedvoerige vertelling van ons besoek aan NYC met Labor Day Weekend. Dit was 'n onvergeetlike naweek, meer so omdat die onskuld van ons tyd 10 dae later sou verwoes word.
Ons het saam met ons dierbare vriende Jason & Andrea in Pennsylvania gaan kamp een naweek. Dit was 'n rustige naweek van niks doen en natuurskoon geniet!
Hierdie was 'n blitsnaweek waarin ons 1,600km gery het om die baie bekende Niagara Falls te aanskou. Die weer was perfek en die naweek baie opwindend! Ons het saam met Prankul & Prachi 'n kar gehuur en die Vrydagaand gery...
Philadelphia is die perfekte plek om op Independence Day te besoek! Die stad is ryk van Amerikaanse onafhanklikheidsgeskiedenis en het oorgeloop van opvoerings, toeriste, presidente en ander sterre!
'n Trippie saam met Jason en Andrea. Van ons ou website.
Deel van die "ou website" series. Ons honeymoon foto's.
Die Here is so ongelooflik goed vir ons gewees. Met Marésa se aankoms hier, het Jan reeds die wonderlikste vriende gehad. Marésa het sommer dadelik tuis gevoel tussen hulle, en hulle het sommer dadelik lief geword vir haar. As ons daarna terugkyk, na daardie eerste paar maande, was dit ongelooflik om te dink hoe die Here vir ons voorsien het! Hierdie mense is nogsteeds baie naby aan ons, hulle is lewenslange vriende materiaal.
So paar foto's van ons troue, vanaf ons ou website. Hierdie bladsy doen natuurlik nie reg aan hierdie ongelooflike spesiale dag nie, dis 'n paar foto's wat ons besluit het om op die web te sit toe ons in die VSA aangeland het. Meestal vir die vriende wat by die huis was vir wie ons dit nooit kon wys nie.
Niel het vir Jan kom kuier in tydens sy solo VSA tyd. Ons twee het saam D.C. gaan besoek. Van ons ou website.