Ons het by Frances Slocum State Park naby Wilkes-Barre in Pennsylvania gekamp, en die volgende dag het ons na Rickett's Glen State Park toe gery.

Vrydagaand by die kampvuur so met skemertyd. Jason kan nie kamp sonder kampvuur nie, en het maklik die helfte van die tyd wat ons daar was aan die vuur getorring. Hy was so in sy noppies elke keer as daar 'n vlam is hoor, en ons het ure lank filosofeer oor die kuns van kampvuur maak. :)

Dis 'n mooi foto ne? Ons het die kamera gestel dat hy ons afneem, en die lens het langer oopgebly om genoeg lig te laat inkom, daarom dat die vuur so nice lyk! By Frances Slocum het ons Saterdag 'n ligte 4 myl hike gedoen so al langs twee strome langs wat langs die berg afloop, dit is baie baie mooi, daar is 29 watervalletjies al langs die strome langs, en hulle is tussen 10 en 90 voet hoog. Die eerste watervalletjie:

Dit was glo baie droog gewees, ons sal nou like om te sien hoe dit lyk as ons na reen daarnatoe kan gaan! Maar eintlik se hulle dit word baie gevaarlik, omdat die paadjie waarop mens stap so naby aan die riviertjie verbyloop. Hier sit ek bo by een van die volgende watervalle, waar ons middagete genuttig het:

Daar was 'n familie met kinders daar wat ek die seuntjie SO graag wou afneem. Hy was te kostelik en het my so aan Brecht herinner. Hy was net bietjie meer van 'n pokkel gewees, maar hy smile so mooi as sy ma hom afneem, maar sodra hy my met die kamera sien dan wil hy niks weet nie. Sy tomboy suster het al wat stomp en klip is beklim hoor, Maresa sê haar hart sou gaan staan as sy daai kind se ma was, maar die ouers was heel ontspanne - miskien kom dit maar so met die tyd saam! Hierso sit ons nou voor die volgende waterval:

Kyk my Cobus-brillies! Maresa het vir my sulke donkerbrille gegee wat mens die lense kan vervang. Dan het mens gewone donker lense en hierdie Cobus-lense. Julle weet mos my broer het sulke geel lense in sy bril gehad ne? Mens het hierdie lense wat dit nou in het wat amper soos Cobus se brille s'n is, wanneer jy in die aand wil bestuur of as dit te donker is vir die ander lense. Dit het goed gewerk daardie dag omdat dit so bewolk was, en dit het ook al die kleure so mooi uitgebring hoor.:)) Hier's nog 'n foto van daardie waterval waar ons gesit het. Dis mooi ne?

Daar het mense daar by daardie waterval langs die afgrondjie af ge-absail het. Hulle noem dit "rapelling" hierso. Die meisie het dit die eerste keer gedoen, maar sy was heel braaf. Ek bedoel, hierdie foto is geneem van haar heel eerste absail. Dit lyk darem maar baie lekker! Kyk die rotsvormasies wat in sulke vlakke is. Dit is tipies van die leierige klip orals langs die rivier af.

Hier's nou nog 'n mooi foto waar mens die stap-paadjie kan sien langs die rivier.

Kyk hoe baie mos groei rondom die watervalletjie. Dit is regtig so glibberig op sommige plekke, maar dit is so mooi. Mens kan ook sien dat hier gereeld stormwater afkom ne, met al die stompe en bome en takke wat oral versprei le.

Maresa wil so graag 'n mooi foto van ons neem altyd as ons op hierdie tipe plekke gaan, maar iets gebeur altyd dat dit nie mooi uitkom nie. Hierdie een is te dof! Maar nou ja, hier sit ons met ons hiking bootse voor een van die stroomvalletjies.

Ek is nogals eintlik bietjie trots op hierdie volgende foto hoor! Ek het die hele dag almal irriteer want ek wou van elke val 'n foto neem. Maar omdat ek so baie geneem het het hierdie mooi een uitgekom. Mens hou die lens vir langer oop sodat die water sulke strepe maak, lyk dit nou nie mooi nie? Dit gee mens so die idee van die rustigheid en jy hoor sommer amper die waterval. Mmm, dis lekker om daar te wees, ek wil nou sommer teruggaan!

Hier staan Maresa voor een van die valle wat ook so oorgroei is van die mos. Sy is eintlik bietjie bang gewees hierso, want reg agter my val dit nog so 30 voet of so! Hehehehe, maar dit was baie mooi.

Oppad terug van Ricketts Glen af het ons verby hierdie stokou vulstasie gery. Toe moes ons eers stop en 'n foto neem. Laaste keer wat daai pomp gewerk het was petrol 19c/gallon, dis nou $1.50/gallon.

Hierso wou ek 'n cool look opsit, maar Jason het te lang getalm voor hy die foto geneem het, toe beginne ek te lag net toe hy die knoppie druk!

Hierso neem Maresa ons af waar ons begin beplan aan aandete. Dit is 'n goeie foto om vir julle die kampterrein te wys, dit was regtig baie lekker gewees, daar is soveel bome, mens voel of jy in die natuur is, maar tog is al die fasiliteite daar, so dit is 'n goeie kompromie. Kyk al die vuurmaakhout wat daar langs die boom le voor die tent, ons het al daai stompe opgebrand die Saterdagaand, dit was so lekker om rondom die kampvuur te kuier die heel aand. Ons het net so na die rook gestink natuurlik!

Ek en Andrea het lekker gesit en kitaar speel en sing die aand voor aandete. Hehehe, of eerder, ek het my poging tot sing aangewend, sy't gesing! Sy sing baie mooi. Sy speel met my kitaar en ek met hare, kyk hoe waai ons hande!

Die volgende oggend het Andrea weer die kitaar opgeneem, en mens sien Jason nooit met sy hare los nie, so ek moes 'n foto daarvan neem. Hy lyk maar oes!! Hahahaha.

Maresa het ook baie koud gekry in die oggende, maar dit is nou ook nie 'n nuwe verskynsel nie. :)) Eintlik het sy 'n maatjie gekry in koudkry - Andrea kry net so maklik soos sy koud. Kuk ons oulike kampstoeltjies!
