International Sunday

Sien ons het mos vandag (7 Oktober) by die kerk 'n spesiale dag gehad waar al die nasies wat in ons kerk verteenwoordig is, gevier is. Ons het Saterdag die hele dag staan en kook aan al die kossighede vir die dag, want ons het na die kerk 'n middagete vir almal gehad. Ons het op die SA tafel Bobotie, Kerrie & Rys, Pampoenkoekies en Karringmelk beskuit gehad. Dit het alles baie goed afgegaan, veral die bobotie en die pampoenkoekies! Maar eintlik het almal alles geniet. Ons het die oggend voor kerk gegaan om die tafel te versier en reg te kry vir na die tyd. Hier is die team: (Evandi, Maresa en ekke).

Evandi is 'n Au-Pair van Suid-Afrika af. Sy het ons gister gehelp om al die kos aan die gang te kry! Francois het ook gehelp - maar hy is nie nou op die foto nie - hy het eers bietjie later gekom :).

Dit is hoe die tafelversierings gelyk het:

Prankul en Prachi het hulle eg Indiese drag aangehad vir die dag en het ook 'n tafel gehad:

Hier is die USA tafel gewees, met Lis daar in die linkerkantste agtergrond agter die tafel (langs die ou met die Yankees baadjie). Die mat wat daar hang het heel onder aan "9-11-2001", wat beteken iemand moes dit koop na die terroris-aanvalle. Dit is vinnig ne.

Die oggend het begin met 'n "Flag Prosession" net voor die kerkdiens begin het (Jan het die SA vlag ingedra). Daarna, met die offergawe, het Maresa deelgeneem aan 'n dans wat gedoen is! Al die lande wat verteenwoordig is in hierdie opvoering is lande waarmee die kerk 'n baie sterk band het. (Suid-Afrika omdat ons daar is :)). Kyk my vroutjie!!!