Ons is 3:30am Donderdagoggend weg by die huis, en is al die pad op na Vermont toe om die ski en die sneeu te beleef:

Dis so 7 na 7 en 'n half ure se ry van waar ons bly, tot amper in Kanada. Die hele gedeelte daar in die Noord-ooste van Amerika is genaamd New England. Dis vir 'n goeie rede so - die state is oortrek van klein victoriaanse dorpies wat mens aan Europese dorpies herinner. Ons destination was Rutland, Vermont. Die tweede grootste dorp in Vermont, met 'n totale bewolking van 18,000 mense - jy kan sien Vermont is nie 'n baie dig bevolkte staat nie! Wat dit egter beteken is dat die state hier oortrek is met die pragtigste natuurskoon. Berge galore, en berge beteken ski in die winter! Marésa het vir ons 'n meesternaweek saamgestel, sy het vir Jan 'n opsie van drie ski-oorde gegee, en toe die verblyf en alles gereël - 'n bobaas vrou! Anyways, ons het by Killington gaan ski, as jy wil, kan jy gaan kyk op hul website hoe dit daar lyk - kyk gerus na die trailmaps, daar is ongelooflik baie ski daar - in fact, dis die grootste ski-oord op die Amerikaanse ooskus. Nie dat dit ongelooflik baie seg nie, dit is egter baie genoeg vir ons om oor opgewonde te raak!
Ons verblyfplek was 'n besonderse plek! Die Rutland Inn is 'n 1895 huis wat omgeskakel is in 'n Bed & Breakfast. Dis in tipiese gastehuis tradisie twee innkeepers wat mens soos gaste in hul huis hanteer. Ons het dit ongelooflik daar geniet, en sou enige dag teruggaan soontoe! Die ontbyt was ongelooflik, en die tee en koekies vroeg-aand rondom die kaggelvuur was 'n absolute bonus. Die huis is pragtig binne, ons is spyt ons het nie meer foto's geneem om julle te wys nie. Hier staan Marésa op die trappe oppad ondertoe:

Dis hoe die huis van buite gelyk het, van agter-rond af.

Hier is die huis in die donker :)).

Nou kyk, daar was TONNE sneeu. Dit was die meeste sneeu wat ons nog ooit beleef het, en het ons woes woes opgewonde gehad. So vergeef maar as ons baie foto's daarvan geneem het! Dit was ongelooflik koud gewees die paar dae wat ons daar was, die maksimum temperatuur was so -11 grade celsius, met die minimum hier by -25 rond. Effe koel ne. Die beste deel van dit is, as jy uitstap buitetoe, dan vries die water in jou neus, en vorm dit sulke icicles wat jou dan kielie.

Saterdagoggend het ons bietjie die area gaan explore. Dit was Martin Luther King naweek, wat beteken dat die skislopes oortrek sou wees met naweekgangers, en aangesien ons ons snowboard ingekry het Donderdag en Vrydag, het ons besluit om die skare mense vry te spring en bietjie gaan rondry op Saterdag. Die mooiste ding die oggend is die rivier. Nie al die water in die rivier vries nie, omdat dit aanhoudend loop, en dan omdat dit warmer is as die res, maak dit actually stoom. So daar trek stoom uit die rivierwater op, wat mens nie mooi op die foto hier kan sien nie (die mistigheid is die stoom wat uit die rivier kom) maar wat ongelooflik mooi is as jy langs dit ry en sien hierdie mistigheid so net oor die water hang!

Soos ons al genoem het, daar was TONNE sneeu. Hier het Jan in die sneeu ingespring vanaf die hoop wat langs die pad lê (wat vanaf die pad afgeskraap is), en sy bene is heeltemal weggesak! Jitte dit was cool!

Dele van die rivier is totaal geys (die water vloei onder die ys) en dan sneeu dit bo-op dit, sodat alles net spierwit is. Hier is Marésa voor die rivier.

Vermont is bekend vir die "covered bridges". Hulle is oral. Ons het gestop om een af te neem, min wetende dat ons nog sommer baie sou sien daardie dag! Jy kan sien iemand het al langs die rivier met 'n snow-mobile gery - sien die spore hier regs onder.

Hier's een deel waar die sneeu van die rivier weggekrap is, sodat jy net die ys sien. Kyk die mooi flokkies - dit lê op 'n 10cm dik laag ys, dik genoeg dat mens dit nie eens kan breek al spring jy met al jou krag daarop nie! (Ja Jan het probeer). Dis pragtig, want dis soos 'n rowwe stuk glas, helder, en jy sien hoe die water onder dit deurvloei.

Ons middagete dorpie was Woodstock, VT. Dis 'n klein dorpie wat baie ou geboue het en regtige oulike klein winkeltjies. Ons het die meeste van die dag spandeer in die klein winkeltjies. Arts & Crafts, gourmet kos goeters, ons het selfs 'n butcher gesien, iets wat mens nooit sien hier nie. Ons het middagete by 'n local "Mom-n-Pop" tipe van plekkie geëet, sulke lekker toebroodjies en sop.

Op een of ander stadium begin jy die fight teen die sneeu verloor, en dan maak jy maar net die nodigste oop.

Daar was op plekke so baie sneeu dat mense se karre in hul driveways totaal onder die sneeu begrawe was. Hier is die Chittenden Bank in Woodstock. Moenie dat die pragtige blou lug jou fnuik nie, dit was HOND HOND koud gewees!

Die volgende dorpie se naam is Quechee (kwie-tjie). Hulle gebruiklike covered bridge:

Daar is 'n glasblaser in hierdie gebou wat langs (en oor, sien daar onder kom die water deurgeloop) die rivier sy werk doen. Mens kan daar ingaan en duur handgemaakte glase koop. Hier is oral sulke meubel- en soortgelyke winkels, wat dit baie interessant, maar ook baie duur maak.

'n Nabygeleë plaas het so baie "untouched" sneeu dat Jan darem maar baie lus was om so bietjie daar te gaan rondhardloop!

Ons het ons amptelike anniversary ete geniet by die Victorian Inn at Wallingford. Wallingford is 'n klein dorpie naby aan Rutland.

Die ete was ongelooflik - ons het altwee lekker steak gehad, en dit het mighty goed geproe!

Die restaurant is 'n ou 1800's huis wat ook omskep is. Die huis is pragtig en mens sit oral in die kamers en eet:

Sondagoggend het ons gaan snowshoe! Die Appalachian Trial, die aaneenlopende hiking trai wat vanaf Georgia tot Maine loop, kom hier naby verby, so ons het gaan snowshoes huur en die oggend bietjie in die sneeu gaan stap.

Die skoene verhoed dat mens in die sneeu inval:

Ons het seker so 'n 2 myl of wat sirkel geloo, omdat ons nie te baie tyd gehad het nie. Mens word egter vinnig moeg van die sneeutrappery - dis regtig goeie oefening! Die trail is mooi aangedui deur blou merke op die bome:

Teen die tyd dat ons bo gekom het ons snowboard bene ons mooi laat verstaan dat ons bietjie moeg was. Op een stadium het Jan sy skoene vasgemaak en Marésa het vooruit geloop - toe hy bo-op die berg by haar aankom lê sy uitgepaas in die sneeu:

Sy lyk so mooi as sy so pootuit is!

Die view was baie mooi - al was dit 'n grys dag met wolke en dinge.

Al hierdie berge is deel van die White Mountains, as ons dit nie nou mis het nie. Oftewel, die Appalachian Mountains.

As mens eers bo is dan het jy sommer nuwe energie!

Kyk hoe smelt en vries die sneeu:

Ons wou julle ook sommer 'n close-up van die snowshoes gewys het. Sien die hele platform is aan 'n skarnier hier net agter jou tone, so dis regtig baie maklik om daarmee te loop. Dan het dit ook sulke tande in om in die ys vas te skop.

Hier's Janneman toe hy pootuit was:
