Nou ja, ons het gereken dit sou darem nie reg wees om julle nie van hierdie jaar se kersboom te vertel nie. :) Hierdie kersfees was idillies mooi gewees. Die dag wat ons ons kersboom gaan kies het, het die wêreld nog wit gelê in sneeu. Ons het ook 'n goeie duim of so gehad Oukersaand, wat beteken het dat Newark, DE die eerste wit kersfees in 30 jaar beleef het!
Ons het na dieselfde kersboomplaas gegaan as laasjaar, maar die slag het ons dit vir julle afgeneem, sodat julle kan sien. Die plaashuis is daar in die agtergrond, met ons amper aan die agterkant van die plantasie. So dis net pine bome waar jy kyk, kort naalde, lang naalde, steeknaalde, vet naalde. Elke soort en grootte wat jy moontlik in jou huis kan pas.

Ons het egter van hierdie ene gehou. (Die groterige een in die middel). Hy't kort stekelrige naalde, en het 'n mooi vorm gehad. Hy is seker so 12 of 13 jaar oud. Toemaar, onthou dat sy uitsluitlike doel is dat hy's geplant om afgesaag te word. Amper soos wortels, jy plant hulle om hulle weer uit die grond te trek.

Marésa was egter nog nie heeltemal seker nie, en wou nog so bietjie in die sneeu loop, so sy het die res van die plantasie mooi gaan fynkam of daar nie dalk 'n beter boom is, terwyl Jan agtergebly het en hierdie een opgepas het. Kyk daar doer staan hy en waai, so half agter die boom links as jy reg in die paadjie afkyk.

Nou ja, die oomblik van waarheid het aangebreek vir hierdie boompie. Jan het die werksgloves aan en is reg om te saag...

Timber!!!!

Nou's dit net die uitdra, dan's die boom ons s'n!

Die omie en tannie by die plaas sit vir jou die boom in so net sodat jy hom makliker in die kar kan vervoer.

By die huis sny jy hom dan net los, gee hom water en versier hom! Een ding wat mens egter moet onthou is dat terwyl jy lossny, gaan hy swaerder word aan een kant as aan die ander omdat die takke uitstaan daar, so dit beteken hy gaan op jou kop val, sy bak saamvat en al die water ook. 'n Les wat ons tweetjies toe nou eers hierdie jaar geleer het...

Tada! Mooi né?

Nou moet ons julle eers ons nuwe kersboomversieringe wys! Eerstens, die Southwest Collection, ter herinnering aan ons wonderlike vakansie in Augustus. Dit is kleikuns wat 'n besonderse Suidwestelike flair het, en wat gemaak is deur Indiane. Daar is Mr. Lizard:

Mr. Tortoise:

En ons gunsteling. 'n Navajo pottery balletjie, handgekerf:
Dan het Marésa ook vir ons 'n aantal nuwe en oulike versieringe gekoop om die boom verder op te helder. Mr. Snowman:

Die drommetjie:

'n Bokkie:

En nog 'n gunsteling, ons verlange huis toe, die Botswana hutjie:

Die finale produk:
