Monument Valley
12 Augustus 2002

Ons tog na Monument Valley was 'n 7 uur rit, wat mens al ons stoppies en aandete en dinge meer na 'n 10 uur rit geword het. Mensdom maar dit was van die beste road trips wat ons nog gehad het. Ons het vroegmiddag by Zion gery, en letterlik die hele dag in die kar spandeer tot middernag van die 11de. Terwyl dit nog lig was, was die scenery egter asemrowend, vanaf Utah deur Lake Powell tot in Arizona. Daar aangekom, ry ons ewe na die amptelike kampgrond van Monument Valley, maar daar is natuurlik nie 'n siel daar daardie tyd van die nag nie! Nou moet jy ook onthou (soos jy ook in die foto's sal sien), hierdie wêreld is ongelooflik leeg, so as dit nag is daar, dan is dit nag soos die Here dit oorspronklik geskep het: diep donker.

Moument Valley lê in die hartjie van die Navajo reservaat, wat beteken dat dit volbloed Indiaangrond is. Dit beteken ons is toe half skrikkerig om sommer net hier in die kampgrond in te gaan en te onsself te gaan tuis maak, want die plek voel sommer vreemd vir ons. Daar is ook niemand daar om jou hallo te seg nie, veral nie daardie tyd van die aand nie. Ons besluit toe maar om na die naaste hotel te ry, en kry ons kry 'n lieflike condo tipe van ding met 'n pragtige uitsig vir spotgoedkoop - omdat dit toe al diep na middernag is! Ek het Marésa lekker gefnuik, want sy het gereken sy gaan nog 'n kampstort moet vang. Toe ek uit die ontvangskantoor stap toe sê ek ons moet net wag vir ons 'n sekuriteitswag, hulle sal ons escourt na die kampgronde toe. Hulle ry en ry toe en eventually stop ons voor hierdie woonstelletjies, wat Marésa toe natuurlik baie diep laat wonder. Sy was egter baie baie dankbaar en ongelooflik verras toe sy agterkom ons slaap in 'n regte bed vanaand, en kan 'n regte stort vang!

Die volgende oggend is ons toe dadelik oppad na die Valley. Dis so ongelooflik om wakker te word in 'n plek as jy in die stikdonkerte nag daar aangekom het! Veral as die landskap so ongelooflik uniek is, en jy't nie 'n clue nie!

Mens betaal om by die hek in te kom, en ry dan op 'n stofpaadjie deur die hele park. Die eerste ding wat te siene is, is hierdie modderhutte wat wys hoe die Navajo's altyd gebly het. Die mans en vroue het aparte hutte, hierdie is die dames s'n. Die klein hutjie daar in die agtergrond is die spens.

En hier is die mans s'n, met die stoep in die agtergrond.

Nou ja, as jy ooit 'n Western fliek gekyk het, dan het jy verseker hierdie wêreld gesien. Dit is klassiek, en mens besef opnuut hoeveel van jou persepsie van hierdie land deur hierdie landskap gevorm is. Dis ongelooflik mooie dorre aarde hierdie. Hierdie is die twee mittens buttes (mens spreek buttes uit soos die "beaut" in "beautiful"). Miskien moet ons net sê, dis moeilik om die skaal te besef op die foto's, maar hierdie is berge waarna jy kyk. Dit is nie sommer hierjy hopies nie. :)

Die Camel Butte:

Elephant Butte:

Ons voor die Three Sisters:

Hierdie is John Ford's point. Dis die ou wat John Wayne gewild gemaak het met al die cowboy flieks wat hulle saam gemaak het. Kliek op die foto vir 'n groter weergave (tip: regs kliek en laat dit in 'n ander venster oopmaak terwyl jy verder hier kyk).

Die Totem Pole en Yei Bi Chei. Die sloterigheid hier in die voorgrond is die Sand Springs. Of daar water vloei weet ons nie, maar klaarblyklik as mens 'n paar voet grawe dan kry jy water.

Totem Pole en Yei Bi Chei:

Moeilik om te dink dat hierdie groot rots nog nie omgeval het nie!

Weer 'n hoogtepunt: Artist's Point. Aan die linkerkant is Merrick Butte, (sien later in die dag het ons 'n goeie shot van dit gekry). Kliek op die foto vir 'n groter weergawe. Hierdie was 'n ongelooflike uitsig. Die absolute stilte en vrede wat hier heers was ongelooflik. Om te dink dat mense hier vir honderde jare hul bestaan gemaak het, is moeilik om te glo - en daar kan ons nie wag om terug in die lugverkoelde motor te kom nie!

The Thumb:

Kyk die eienaardige hoek van hierdie mesa. Marésa het 'n lekker ruskans geniet in die hoek van hierdie droë boom:

Sjoe daar was baie stof gewees hoor!

Na ons deur die loop gery het van Monument Valley (dit neem mens ongeveer 2 ure om deur te kom), het ons besluit dat ons dit nog nie genoeg gesien het nie, en het ons voorgeneem om met sonsonder weer terug te kom. Dis die beste deel van ons vakansie! Ons was flexible! Ons besluit toe om intussentyd bietjie Noord te ry na 'n klein mynersdorpie genaamd Mexican Hat. Die dorpie is vernoem na hierdie rotsformasie wat so versigtig gebalanseer word. Die skaal is weereens nie baie duidelik nie, maar om jou 'n idee te gee, daar was mense op die tweede vlak boontoe wat mens oppad boontoe geloop het, en mens kan hulle glad nie op die foto uitmaak nie! Mexican Hat is in Utah geleë, so ons het nie-amptelik weer in 'n ander tydsone ingery. Ons het egter mos maar vroeg besluit dat ons op Jan-en-Marésa tyd sou werk. (Dit sou ons egter later bietjie mislei in Denver, CO, sien lateraan).

In 'n local bar in Mexican Hat het ons bietjie uitgevra oor wat in die omgewing te siene is. Iemand verduidelik toe aan ons dat ons bo na die berg toe moet ry. Ons was opsoek na 'n pad genaamd "Mule Deer Point", van waar mens glo fantastiese uitsigte oor Suidelike Utah en Noordelike Arizona het. Dit was toe inderdaad so. Mens kan jou nie indink hoe vinnig jy tot hier bo ry nie, die pad switchback teen die kant van die berg op teen 'n helling wat jou woes ongemaklik laat voel. Mens kruip teen die kant van die berg op, en maak 360 grade draaie. Dis ongelooflik opwindend, maar effe scary! Die uitsig is egter totaal die moeite werd, vanaf Mule Deer Point na die Oostekant sien mens die Valley of the Gods:

Suid-Oos. Let op die ongelooflike kleure!

Na die Suide lê die begin van Glen Canyon soos 'n diep sloot in die aarde gekerf. Die dag was nie baie helder nie, maar Monument Valley se buttes en mesas is in die agtergrond, 'n uur en 'n half rit weg van waar ons ons bevind.

Met sonsonder is ons terug by Monument Valley, waar die laatmiddagson die buttes se dieprooi en oranje kleure laat glinster. Die regterhand mitten butte:

Merrick Butte, in ons opinie een van die icons van die Suidweste. Hierdie volgende paar foto's is vir altyd in ons harte gegrafeer, saam met die ongelooflike herinnering van hierdie wonderlike vakansie.

Sjoe, maar ons lief hierdie volgende foto. Dis damma mooi!

Na sonsonder val ons weer in die pad, die slag na Canyon de Chelly (nie "tsjellie" nie, maar soos in spaans, waar die "l" as "j" uitgespreek word: "shê-hie"). Dis 2-3 ure se ry, en ons is determineerd om 'n vleisie te braai voor ons gaan slaap! Ons het dit ingepas gekry, maar natuurlik woes laat in die bed gekom. Die volgende oggend is die kampdame (wat reg oorkant ons gebly het in haar RV) baie ontstoke met ons omdat ons op die rolstoel kampsite gestop het. Hehehe, daardie aand langs die kampvuurtjie was Jan lekker bang, want daar het oral sulke moewiese brandsiekerige honde met blink oë rondgeloop wat baie interesseerd in ons vleisie was. Gelukkig kon ons dit op ons eis geniet!