Bryce Canyon
9-10 Augustus 2002

Ons is vroeg op en het besluit om hierdie dag ons hiking bootse weer aan te trek vir 'n lekker hike in die canyon. Ons egter reeds ons behoorlike hike ingekry met die Grand Canyon se meesterstap, so die slag het ons 'n baie meer gemaklike rofweg 8km loop gekies om te stap. Die tipe van terrein en dinge wat ons gesien is baie meer indrukwekkend as wat ek dit kan beskryf. So ek sal jou maar net die foto's wys. Dit was 'n ongelooflike dag. Ek kan so goed onthou hoe blou die lug was. Die foto's doen nie altyd reg daaraan nie, en partykeer lyk die lug selfs bietjie onwerklik blou, dit is nader aan die waarheid as wat jy sal wil glo.

Gedurende die dag lyk die amphiteater van die vorige aand totaal anders.

Een van die meer bekende hoodoo's is genaamd "Thor's Hammer":

Daar was ongelooflike riflyne gewees:

Die hoodoo's kom in die mees interessante formasies voor. Dis pret om heeltyd te raai soos wat dit lyk.

Op een plek loop mens in die "Queen's Garden" in. Om egter daar te kom, loop jy deur 'n tonnel in die rots:

Hier sit Queen Elizabeth op haar troon.

En die peasents in haar hof.

Dit was redelik hittig gewees die dag. Mens kon egter 'n lekker breuk vat onder hierdie afdak(kie):

Hier staan Marésa voor een van die slanker hoodoo's.

Die trail het heen en weer, op en af tussen die hoodoo's deur gekronkel, tot mens sodat mens elke nou en dan verras word met 'n amazing uitsig.

En dan's jy weer onder.

Jan het een van die kleiner hoodoo's regop gehou sodat Marésa dit kon afneem. Ongelukkig kon ons net nie alles in die foto inkry nie. ;)

Hier was darem 'n long-drop hier onder, vir die dames. (Mans doen bos-piepies).

Hier kry jy 'n goeie idee van die trail en die skaal van die hoodoo's:

Ek onthou hierdie arch het ook 'n naam gehad, maar nou weet ons nie meer wat dit is nie!

Hier is ons tweetjies ook nou:

Hierdie is nie 'n gat waardeur ek geloer het nie, dit is nog 'n (wind)tonnel waardeur mens stap soos die trail kronkel. Dis letterlik 'n windtonnel, want elke plek waar hulle die rotswal so 'n gat ingesit het, waai die wind daardeur asof dit weghol vir iets baie scary aan die anderkant. Met al die stof is dit nogals 'n uitdaging om daar deur te loop hoor! Maar op hierdie spesifieke oomblik het die wind darem so bietjie gaan lê dat ons die foto kan neem!

Marésa het aan die anderkant van die tonnel van my wat die foto neem gebruik gemaak om bietjie 'n ruskansie te vat!

Ons sien toe haai kyk die arme boompie wat hier so verlate in die stof staan. Toe staan ons so rukkie saam met hom daar. Dis funny, want Jan het op die laaste oomblik besef dat sy donkerbril nog op sy kop is en die foto gaan neem, so toe pluk hy dit af. Die enigste ding is net die bril is met 'n toutjie om sy nek vas, so toe hy dit afpluk, pluk hy die hele kaboedel af en smyt dit alles op die grond voor hom neer. Sy bril was toe stukkend, en ons kon dit darem net-net aanmekaar hou vir die res van die dag. Ons moes toe superglue koop om dit reg te maak. Mens sien dit egter nie eers daar lê nie, dis dalk in die skaduwee!

Hier's nog 'n windskag.

Sien die wind het so gewaai Marésa moes haar hoed afhaal.

Die trail het op die beste manier ooit ge-eindig. By hierdie twee massiewe "fir" bome. Die bome is volgens ons Rough Guide 800 jaar oud, en rek en strek letterlik so hoog hulle kan om bietjie van die son te kry. Die bome staan aan die voet van "Wall Street".

Dit word Wall Street genoem omdat die rots so aan die kante van mens optoorn soos in die strate van New York. Hierdie skeur tipe van ding is omtrent 70m of so diep. Kyk daar onder staan Jan'tjie.

Dis die einde van jou trail, en maak jou darem maar baie goed voel dat jy nou klaar is, want sjoe dis steil. Mens switchback al die pad op.

Buitekant Bryce is daar hierdie regte ou "Wild West" dorpie. Hierdie foto het ons spesiaal vir Pa Japie geneem - ons weet sommer hy sou dit waardeer!