Wees gewaarsku, hierdie Bryce bladsye gaan 'n rukkie neem om te laai. Ek sou dus voorstel jy gaan tot onder by die bladsy en laat solank die tweede bladsy laai, (regs kliek op die lienk daar heel onder en kies "Open in New Window".) Maar dit gaan totaal die moeite werd wees. Hierdie landskap is 'n sprokie uit 'n fantasiewêreld. Die hoeveelheid kere wat ons monde oopgeval het hier is ongeëwenaar op enige van die plekke waar ons was in hierdie week. Die top-heavy "hoodoo's" vorm wanneer die water lae sagter rots ondertoe erodeer totdat daar net dun plekkies oor is waarop die hele rots balanseer. Siende dat die water heeltyd rots erodeer, gebeur dit dikwels dat dit nooit die rots se fondasie heeltemal wegvat nie, sodat daar letterlik duisende sulke formasies hier is.
Bryce Canyon is vernoem na 'n Mormoonse settelaar genaamd Ebenezer Bryce, wat glo hier naby 'n plaas gehad. Hy't glo van die plek gereken "it's a helluva place to lose a cow". Ons eerste aansig van Bryce was as volg:

Dit was laatmiddag toe ons daar aankom, die 3de dag van ons vakansie. As mens tot op die rand van die Canyon loop en afkyk, lyk dit as volg:

Ongelooflik né? Die kleure, die vorms. Dis amazing. Hier's een van die hoodoo's van naderby:

Ons het besluit om sonsonder te gaan geniet by Bryce Point, wat volgens die guidebook die beste uitsigte lewer vir sonsondergang. Dit was voorwaar fantasties. Hier's ons tweetjies met die Utah expanse agter ons.

Bryce is 'n reeks "amfiteaters" wat in perdehoef vorm rondom die berg lê. Hierdie is die "Main Amphiteater", met letterlik duisende derduisende hoodoo's in pienk en wit en helder oranje:

Die oorkantste wand van die berg het 'n hele spul grotte in soos die water die berg uitvreet. Die rots is hier so sag dat dit jy met jou vingers een van daai rotste kan gaan maak. Nie dat jy sou wou nie, natuulik. Dit beteken ook dat die stof wat op die grond lê, so lig en poreus is dat soos water onder jou stewels uitspuit as jy daarop trap.

Ons weet nie watter berge daar in die verte lê nie, maar van hier af lyk dit of daar soortgelyke dinge aan die gang is teen daardie wal:


Met sonsonder word die rooi en oranje kleure verhelder en verander elke minuut soos die son ondergaan.

Die Main Amphiteater met sonsonder:




Ons het in 'n kampgrond buite die Canyon geslaap. Mensdom ons was so moeg en honger teen die tyd dat die son ondergegaan het, dat ons net na 'n restaurant gaan soek het om kos in ons mage te kry. Altwee van ons was lus vir steak. Daar is 'n plek met die naam "Ruby's Inn" wat omtrent al die winkels voor die hek van die Canyon besit. Ons het by hul restaurant geëet - buffet. Dit beteken ons het nie steak gekry nie, maar ons kon ons lekker voleet! Daar het ons ook 'n massiewe stuk petrified hout gesien, seker 80cm in diameter, 'n stomp wat blinkgepolitoer is. Dit staan omtrent 1.5m hoog, en kos iets soos $5,000. Al wat ons gewonder het is hoe jy die spesifieke stukkie klip in jou sitkamer gaan inkry, en as hy eers daar is, hoe jy gaan keer dat hy nie deur jou Amerikaanse houtvloer tot in jou basement val nie.
Omdat ons so laat by die kampgrond aangekom het, het ons nie tyd gemaak vir tent opslaan nie en het besluit om agter in die Jeep te slaap. Ons het dus die agterste sitplekke platgeslaan en die matras daarbinne opgeblaas en lekker geslaap hoor! Min het ons geweet dat ons die res van die week so sou slaap - dit was toe nou baie gemaklik, en het ons meer tyd gegee om die wêreld in te neem en minder om aan die kamp te werk.

Dis half koel gewees by Bryce Canyon. Die hoogte bo seevlak (8000t)maak dat dit 200 dae uit die jaar onder vriespunt is by Bryce.
Hehehe jy kan sien die matras het net-net ingepas. Kyk ook al die stof van die Grand Staircase ekspidisie. Na ons opgestaan het, het ons net die prop uitgetrek en die kar/tent/kombuis reggepak: