Kleine Langenhoventjies
23 Maart 2002

Kyk, hierdie is lag-lag die twee pragtigste kinders in die wêreld. Nou praat ons van beide die uiterlike en die innerlike! Engelbrecht en Sumarì. Ons wys vir julle so 'n paar foto's wat ons geneem het gedurende die een baie kort oggend en middag wat ons hulle gesien het!

Ons het vir hulle sulke tandepasterige soet en suur sweeties gebring wat mens uit 'n buisie druk. Dit was hond lekker.

In fact, so lekker dat Sumi skoon bedwelmd lyk op hierdie foto! Hehehehe, nee darem nie regtig nie!

Hahahaha hierdie twee foto's wou ons opsit omdat dit so snaaks is! Mens reken net jy het die perfekte foto, dan is iets skort...

...en dan met jou tweede probeerslag is daar dan sommer twee ietsies skort...

Jan en die kinders...

Hier wys hulle spiere. Check die uiterste toewyding in Brecht se gesig!!

As daar nou een ding is wat Brecht nie is nie, dan is dit skaam. Hy was nou glad nie op sy bek geval as dit by Pa gekom het nie! Die snaakse was toe hy 'n vergrootglas van die sitkamertafel optel en doodonskuldig vir Pa sê: "Oom, dis seker omdat jy so oud word dat jy nie meer kan sien nie en die vergrootglas nodig het." Jitte hoor, so opreg en sonder pretensies!

En het swaaie gemaak. Sien, mens dink jy kan die kinders bluf, maar hulle het 'n toegewydheid aan 'n saak wat skrik vir niks. Ek het vroeër die verskoning gebruik dat ons nou gaan ophou swaai want daar kom nou nie meer vliegtuie oor die huis in om te land nie, en ons kan net saam met die vliegtuie vlieg. (Eintlik was ek all so dronk gedraai ek kon beswaarlik regop bly). Hier is Sumi intens besig om my te probeer oortuig dat daar WEL nog 'n vliegtuig daar vlieg, wat nog 'n swaai baie regverdig sou maak...

Brecht up close...