Kyk maters, vrinne, familie en ander belangstellendes, hier is nou vir jou 'n wintersport wat die moeite werd is om mee te maak. Snowboarding is baie grootlikse en vet pret. Ons het hierdie Donderdag na die Poconos in Pennsylvania gery, na Big Boulder spesifiek, om te gaan snowboard. Laat ek maar die hele storie vertel. Marésa het reeds geleer snowboard saam met Evandi, Jason en Kevin. Hier is so 'n paar foto's van haar eerste trippie:

Hier is Marésa saam met Evandi en Kevin, Jason se broer. Kevin is 'n ou wat mens nie kan help om lief te hê nie, hy's so goedhartig en tog skreeusnaaks en propvol energie. Hier show hy so bietjie sy bord af. Die dag wat Marésa-hulle gegaan het (hulle het ook in die Poconos gegaan) het dit erg gereën, maar dit het hulle nie afgeskrik nie. Dit was eintlik baie lekker vir hulle, want hulle het letterlik die berg vir hulleself gehad!

Hier maak Marésa haar landing vanaf die lift. Dit is by verre die trickyste deel van snowboarding. Omdat een van jou voete los is terwyl jy op die lift is, het jy nie so kwaai beheer oor die bord wanneer jy hier teen die heweltjie afkom nie. Sy lyk egter heel vernuftig hier ne!

Hier's Marésa nou in volle aksie. Pure pret dames en here. Pure pret.

Hier deel Marésa en Kevin 'n lift. Kyk die weer! Die ligte maak dat mens tot in die aand 10:00 nog kan ski, maar mens raak so doodmoeg as jy van die oggend vroeg af daar is dat jy liefs maar terugkeer hier by aandete rond.
Nou na Marésa se suksesvolle trippie saam met die Close's en Evandi, het sy my laat weet dat daar nie 'n manier is dat ons nie ook saam gaan nie, sy moes my net hierdie leer. Daaroor dat ons toe mos nou die 21ste Feb besluit het die tyd is ryp, ons moet gaan! Big Boulder en Jack Frost is twee berge wat baie na aan mekaar geleë is in die Poconos, wag, laat ek eers wys waar in die wêreld dit is:

Die Poconos is 'n bergreeks wat oor Pennsylvania hardloop. As jy na 'n padkaart van Pennsylvania kyk (soos die een hierbo), sal jy sien al die paaie hardloop so van Suid-Wes na Noord-Oos. Dit is oor die Appalachian bergreeks wat daar oploop. So die Poconos is deel van die Appalachian bergreeks. Interessant ne. Anyways. Die ski in Pennsylvania is nie heeltemal so indrukwekkend soos ons eerste trippie na New York nie, maar die 600vt drop van Big Boulder maak dat dit tog grootliks plesierig is!
Nou ja, hier is Marésa bo-op die berg gereed met ons eerste poging op 'n "blou" trail. Sien die trails is gemerk groen, blou, swart diamantjies of dubbele swart diamantjies, in graad van moeilikheid. Maar Big Boulder se slopes is almal half maklik, so ons het nie 'n probleem gehad om omtrent die heeldag op die een swart diamant te spandeer nie.

Hier kan jy nou 'n goeie persepsie kry van die slope soos dit afgaan. Sy't bietjie gestop om eers vir haar man te wag. Soos jy ook kan sien, die dag wat ons gegaa het, was 'n lieflike dag. Dit was behoorlik omtrent lenteweer, omtrent 20 grade buitekant. Dit het ook gemaak dat die sneeu baie nat is en slushy geraak het teen die einde van die dag, met plek plek lelike yskolle.

Hier kom ek onder teen die laaste afdraende uit voordat ons by die lift weer opgaan!

En hier kom Marsa teen dieselfde afdraendetjie uit: :)

Kyk nou net, so 'n snowboarder hoor.

Hierdie is black diamond waar ons die heeldag afgegaan het. Net voordat ons hierdie foto geneem het, het 'n pa sy 5 jarige seuntjie hier laat staan en hom sy arms lat wys en afgeneem. Dit was so ongelooflik oulik die seuntjie dat ons dit ook wou doen. Die enigste seuntjie wat ons toe in die hande kon kry is ekke :). Die uitsig is mooi ne. Hierdie slope is ook ietwat steiler as die ene daar bo, wat dit grootliks pret maak. Dit is ook hier waar ek 'n effense "mishap" gehad het :). Ek het bietjie uitgedraai vir 'n vrou, maar sien, die kant waarnatoe ek moes draai was nog nie heeltemal my sterk kant nie, so toe is ek totaal van die slope af in die dennebome in. Maar kyk Marésa en die vrou het hulle doodgeskrik. Ek het egter 'n vorige keer ook so half van die trail afgeval en my been teen 'n rots oopgestamp (nie so erg soos dit klink nie), so hierdie slag het ek die snowboard eerste die growwighede wat van die sneeu af vir jou wag tegemoet laat kom, sodat my been nie weer in die slag sou wees nie. Ek het gereken ons het nie verniet daai $1 versekering op die bord betaal nie! Laat hy dan eerder breek as my been! Hehehehe, maar ek het net kersboom geruik toe ek daar binne inval hoor! Die ski-slang vir so 'n val is as volg: "I tooootally wiped out, dude".

Hier teen 4uur namiddag het ons eers bietjie gestop vir drinks voor ons die laasate sessie aangepak het. Marésa het vir ons lekker Gatorade en hot chocolate gaan koop.

Hier kom Marésa weer by die black diamond af. Mens gaan so heen en weer sodat jy nie totaal te vinnig gaan nie. Soos die Gauteng se paaie sê: "Speed Kills".

Hier kom my vroutjie tot 'n Majestieuse Stop. Sy snowboard met haar linkervoet voor, so is "Regular Style". Ek het my regtervoet voor, ek is "Goofy Style". Funny ne.

En hier maak ek my vernuftige stop. :)
