
Ons het Kersdag hierdie jaar op 'n baie onkonvensionele manier gevier. Wel, om eerlik te wees, van 10-2 het ons dit glad nie gevier nie, want Marésa moes werk. Ja jitte kan julle dit glo? Ergste van alles was dat daar actually mense gekom het om hul voorskrifte te vul op KERSDAG. Mensdom. Anyways, hierdie is 'n huldeblyk aan waar Marésa werk, aan al julle 'tekertjies wat belangstel. (Natuurlik ook aan diegene van julle wat belangstel al tel julle nie pille nie).
Marésa werk vir die Rite Aid, een van die grootste apteekgroepe in Amerika. Hulle het duisende winkels regoor die land. Maar sy hoef nie by hulle almal te werk nie, sy werk by die Rite Aid in Aberdeen, Maryland, ongeveer 35 minute vanaf ons huis. Die winkel is geleë in 'n tipiese Amerikaanse "strip mall":
Reg langsaan 'n Mars kruideniersware winkel. Let tog op hoe belaglik leeg die parkeerterrein is - maak sin, want dis KERSDAG. Die simpel Rite Aid was die enigste winkel in hierdie hele mall (behalwe die videowinkel) wat oop was! Van naderby:

Nou kyk, mens verwag altyd dat 'n land soos hierdie grootliks hipermoderne dinge aan die gang sal hê oral waar mens gaan en vir die meeste van die tyd vind jy dis nogals waar. Maar dit geld nie totaal vir Aberdeen apteek nie. Hulle doen dinge maar nog op die goeie (?) ou manier. Anders as van die ander apteke waar Marésa al gewerk het, waar sy soos 'n wafferse McDonald's waitress die "drive-thru" venster moet beman, of die "Script-o-plus-o-soon-to-replace-the-pharmacist-o-matic" masjien wat self die pille tel, dit in 'n pilledingetjie sit met 'n childproof cap en die label opplak. Gelukkig kan hulle nog nie die aptekers afdank nie, iemand moet darem die pille uit die masjien haal en in 'n sakkie sit en vir die mense gee.

Marésa-hulle doen op besige dae tot so 210 voorskrifte per dag. Dan is dit letterlik chaos en kom sy eers baie laat en baie moeg by die huis. Oh ja, sy werk 9-9, 80 ure elke twee weke. Rofweg twee dae af, twee dae aan. So sy het baie af tyd, maar as sy werk, dan werk sy hard.

Marésa geniet haar werk verskriklik! Sy het my die hele prosedure verduidelik. Sien dit werk so. As die pasïent die voorskrif inbring, dan tik jy sy naam op die rekenaar in om sy "profile" op te roep. Dan kan jy lekker sy pilgewoontes navors en seker maak hy's nie besig om 300 Valiums per week te kry nie (al die apteke is konnek). Dan sit jy die voorskrif deur. Dit beteken jy vertel die rekenaar hoeveel die persoon nodig het en so aan, en er... oh ja, een of ander stadium vra jy ook vir die persoon se versekeringskaartjie, want dan sit jy dit ook deur. As alles "deurgesit: :)) is, dan vertel die rekenaar jou of die versekering vir dit sal betaal of nie (wanneer die versekering nie wil betaal nie is wanneer Marésa baie lang dae het, want gewoonlik is mense vreeslik ontsteld oor die versekering nie betaal nie en trap haar dan uit omdat sy mos al die versekeringsmaatskappye besit en besluit vir wie hulle moet skroef en vir wie nie).

Dan print die rekenaar die labels en dinge uit. Intussen vat jy so blou mandjie en gaan shop in die rakke rond vir die medisyne wat nodig is. Dan kom jy terug en doen wat hulle jou op universiteit geleer het om te doen: TEL PILLE

Sien ek is ok in die werk gesteek. Laat ek sommer nou vir julle vertel, dis nie so maklik soos dit lyk nie. As jy klaar getel het, plak jy al die labels op en dan staple jy 'n miljoen verskillende papiertjies en dinge aan 'n papiersakkies vas, sit 'n miljoen ander advertensies en koepons en dinge in die sakkie en sit dit dan in die rak tot die persoon dit kom optel. Wanneer hulle dit kom optel dan los jy dit aan die apteker oor om hulle te vertel hoe hulle moet maak en hoe nie met die pille.
Check hierso is die morfiene:

Hier is Marésa in aksie besig met Prime Customer Service. "With Us, It's PERSONAL" (Rite Aid se line).

Nog 'n aksiefoto. Die spanning loop hoog, Marésa moet 'n paar notas aan haar kollega los wat more inkom aangaande party mense wat nooit hulle pille kom optel nie.

Na ons by die werk was het ons 'n baie baie lekker dag verder gehad by die huis, ons tweetjies saam. Ons het die lekkerste steaks gemaak en na ete ons geskenkies oopgemaak. Dit was 'n baie aangename middag en aand! Dit was ook lekker vir my om te sien waarheen my vrou elke dag ry en waarmee sy haar besig hou die 13-14 ure wat ek haar nie sien nie. Nou weet julle ook!
Laastens, kyk hierdie oulike kersboom versiering wat die mense by die werk vir Marésa gegee het, ter herdenking aan die feit dat sy in 2001 lisensieer is om apteker te wees. Dit is so 'n keramiek aptekersjassie. Oulik ne?
