Hier dan vanuit ons ou website, so paar foto's van ons vriende.
Pure Pannekoek Plesier

Vlnr is Andrea, Eric en Lis. Andrea & Jason is getroud, sedert 1996 (sien volgende foto vir Jason). Sy is oorspronklik van Duitsland en het net kom au pair toe sy vir Jason ontmoet het. Hulle is getroud na hulle mekaar omtrent 3 maande geken het omdat haar tydperk begin opraak het en hulle vinnig 'n besluit moes neem! Baie opwindende verhaal wat die tweetjies te vertelle het. Andrea is 1 jaar jonger as ons, Jason is 2 jaar ouer as ons.
Eric en Lis is in Julie 1998 getroud, so net 6 maande voor ons tweetjies. Hulle is besig met hul M in Spaanse onderrig. Beide is 'n jaar ouer as ons.
Een Sondagmiddag hier in midwinter toe besluit ons dan maak ons nou grootliks pannekoek vir die mense om te proe. Hulle was regtig hoogs beïndruk met die "craps" wat ons toe nou aanmekaarslaan hoor!
Jason in Aksie

Hier's Jason dan nou, Andrea se man! Almal sê vir hom hy lyk soos Brad Pitt, maar daardie postulate moet nog statisties bewys word. Hy en Andrea is beide besig met hule onderwysgrade in Spaans. Hulle sal in 2002 gradueer.
Chris & Dana

Chris & Dana, hier op die voorgrond, is vriende van ons wat ons by die kerk (Word of Life Christian Center) ontmoet het. Chris is 'n pastoor wat met 'n vuur preek as hy die dag die kansel bestyg. Dana verwag hul baba vir Oktober '99, dit sal hul eerste wees! Chris is in '71 gebore en Dana in '76.
Eric doen die Voorarm Maghoudie

Na ons pannekoek pret het ons buitentoe gegaan vir 'n ou potjie frisbee. Nooit het ons geweet presies hoe erg daardie gogga ons sou byt nie! Ons het nie lank daarna nie vir ons self so 'n frisbee aangeskaf en grootliks begin speel op die veld agter ons eerste woonstellie.
Lis maak gereed vir die gooi

Lis het grootliks as instruktise opgetree daardie dag om die fyner puntjies rondom die gekompliseerde en gesofistikeerde sport van frisbee gooi te verduidelik.
Andrea het die aksie-foto's geneem omdat hulle 'n nuwe kamera gekoop het. Hulle het dit spesiaal aangeskaf vir hul ses maande in Europa vanaf Junie '99 tot begin 2000.