Washington DC
Oktober 1998

Ons goeie vriend Niel was vir 'n konferensie in die VSA en het by Jan kom kuier. Dit was so goed om iemand bekends te sien. Dit was verreweg die moeilikste tyd in Jan se lewe, en om Niel daar te hê was so 'n goeie ding. Lief jou Niela.


1600 Pennsylvania Ave

Hierdie was natuurlik vir my en Niel daardie dag een van die hoogtepunte. Alhoewel ons op hierdie oomblik grootliks die Withuis se sekuriteitstelsels staan en bewonder het (en natuurlik soos seker 2 miljoen ander mense elke jaar kyk of ons die fout kan sien), het ek darem nog die foto'tjie ingesneak. Dit is almitters hoekom ons soontoe gekom het. Dit is dan nou daar agter daardie pilare waar die president hom so gereeld bevind.


Dis waar die gaste uitklim

Jowzer hier het ons nou vir ons verstom aan die lasers en dinge wat daar aan die gang is om te sien dat niemand die "fence jump" nie hoor. Terwyl ek en Niel so daar rondgestaan het het daar 'n reporter van een of ander nuusmaatskappy 'n verslag gelewer met die withuis as backdrop. Dit beteken teoreties gesproke was ek en Niel al in die nuus. Teoreties...

'n Ander belangrike puntjie om na op te let is natuurlik die interessante argitektuur van die withuis. Soos dit duidelik in hierdie foto uitgebeeld is, is die hele gebou teen 'n helling gebou. Die bouer is natuurlik gefire na dit uitgekom het (en dit te laat was). Die beste wat hulle kon doen is toe om die tuin ook teen die helling te maak sodat mens dit nie so erg kontrasteer nie. Of wag, is die helling nou weer van omdat ek my kop deur die heining probeer steek het en gesukkel het om my kamera ordentlik vas te hou? Nope, kan nie meer lekker onthou nie...


Memorial oor die Reflection Pool

Die dag wat ek en Niel die hoofstad besoek het was daar nie groot gebeurtenisse aan die gang nie. Daarom dat die fonteine aan was.

Ek en Niel was egter spyt dat dit nie bietjie warmer was so aan die einde van Oktober nie, daardie fonteine lyk of dit vir groot pret kan sorg met al die water wat in 'n fyn sproei die wêreld vol waai.


Smithsonian Castle

Hierdie is dan die vooraansig van die Smithsonian se indrukwekkende info booth. Dit is geneem toe ek en Niel in Washington was tydens Oktober '98.


Bell X-ietsie of iets

Die Bell wat die eerste keer deur die klankgrens gebreek het! Of dit is wat ek in elk geval kan onthou van hom. Ek en Niel het die Air & Space Museum as ons eerste prioriteit museum beskou tydens ons besoek daar. Dit is hoogs aanbeveel vir enigeiemand. Dit is 'n ongelooflike museum met alles wat 'n mens wil sien en soveel meer wat jy glad nie verwag nie.


Appollo

Hierdie is die kapsule waarin die outjies vanaf die ruimte af terugkom aarde toe. Dit is ongelooflik om te sien hoe primitief die ding aan die binnekant lyk (maak eintlik sin as jy dink dit is in die sestigs of iets gebou). Maar om net te dink dat daardie spesifieke stukkie staal met badkamerteel oorgetrek was in die buitenste ruimte gee mens 'n tinteling op jou maag. En as jy die tinteling op jou maag voel dan weet jy jy het die regte museum vandag besoek.


Mars-goggabie

Hierdie is die gogga wat hulle op Mars loslaat (natuurlik nou nie hierdie spesifieke een nie, die regte een staan nou nog daar op Mars) en vanwaar hulle al die exploration tools deploy. Soos daai ander maghoudie wat so rukkie terug mos oral op Mars rondgery het en foto's geneem het. Mense regoor die wêreld het verstom gekyk na flou foto's van grond.


Obelisk vanaf die Poel net voor die Capitol

Dit is hoe die Mall lyk vanaf die ander kant. Natuurlik kan mens nou nie die Lincoln Memorial van hierdie kant af sien nie. Let op dat die scaffolding op hierdie foto nog glad nie so hoog was nie. Hulle het hier nog daaraan gebou. As jy mooi kyk kan jy sien hoe hoog dit strek (net so hoog soos die lampaal aan die ander kant van die dammetjie).


Capitol Building

Ons besoekie aan die hoofstad het saam met 'n reeks skole s'n geval. Hierdie foto is 'n mooi aansig van die Capitol Building.

Close-up Op die Capitol

Die Capitol se koepel van naby.


Repent!

Hierdie was nogals 'n snaakse gesig gewees. Dit het nie heeltemal reg gevoel nie. Die man het daardie Jesus-figuur daar opgesit en al die plakate het Clinton uitgekryt en hom letterlik geskel en tot die hel verdoem vir die dinge wat hy aangevang het met Monica. Ek en Niel het gereken dit is 'n geskiedkundige oomblik hierdie.

Dit het nie reg gevoel nie want die man het nie die liefde van Jesus openbaar nie. Hy het gekies om te veroordeel. Ons is in geen posisie om te veroordeel nie. Nie een van ons het minder sondes as enige iemand anders nie. Die man kon veel eerder 'n plakaat opgesit het wat gesê het dat slegs God kan die stukkend kan heelmaak wat ons sondes veroorsaak.

Oeps, en daar veroordeel ek toe die man. :(


Die State Library

Alles is ongelooflik groot en mooi en indrukwekkend. Tydens Oktober '98 het hulle Sigmund Freud goeters gedoen. Vandaar dan die plakkate wat daar hang. Mens sien dit nie so mooi op die foto nie, maar kyk hoe die Griekse mitologiese figure op hul perde uit die water in die fontein hier op die voorgrond rys. Dit is regtig goed! Hierdie gebou gaan ons beslis nog 'n slag of wat besoek. Veral as Cornel kom kuier! :) (Ja dit beteken jy moet Cornel).

Hier is weer 'n aansig van die Library, net hierdie keer gekontrasteer teen die helder geel van 'n herfsboom. Die bome is fantasties mooi tydens herfs, met alle skakerings van rooi na oranje.


Niel voor die Supreme Court

Die Supreme Court is soos vele ander geboue in die stad niks minder nie as hond spectacular. Daai swart langerige spikkel daar op die trappe is of Niel of Jan. Dit is moeilik om te sê. :) Mens kan skaars vir die gebou kyk omdat die son so helder daarop weerkaats.

Aaahhh nee wag. HIER is die foto waarop Niel of ek is. Sien daardie superklein spikkel daar tussen die middelste pilare heel bo by die deur? Yup. Ons wou beide so graag hierdie gebou sien en was baie opgewonde toe ons hier aangekom het. Mens het dit al so baie in die flieks gesien. Maar dit is so ongelooflik indrukwekkend as mens hier is!


Liberty Station

Kyk, selfs die stasie is iets om te sien! Dit is die eerste gebou waar ek en Niel 'n draai gemaak het met ons aankoms in Washington. Dit is die eerste gebou wat jy raakloop vanaf die Greyhound se stop. Dit is egter ook 'n pragtige plek, met binnekant net so indrukwekkend. Die rooi banner sê "A Station Reborn" Tipies het hulle pas restourasie afgehandel.

Die hele stad is so skoon. Dit is regtig iets om op trots te wees. En dit kan jy verseker weet is die Amerikaners. Trots op hul stad! Die gebou in die agtergrond is ook genuine smart - die hele foyer se dak was een of ander glaskonstruksie.

Hierdie gedeelte wys die deel van die stasie net voor die pad oor na die ander mooi gebou (die vorige foto). Dit lyk smart met daardie lamppale en die goue arende wat daarop is. Daardie arend is mos die Amerikaanse voël of iets want mens sien hom oralster. :)