Teken ons Gasteboek!
Hier is jou kans om hierdie werf meer interaktief te maak. Deur ons gasteboek te teken, laat jy ons weet jy was hier en kry jy die geleentheid om ons terugvoering te gee oor ons webwerf! Dit beteken jy kan ons uittrap oor iets wat jy nie van gehou het nie, jy kan ons uitvra oor iets waarin jy belangstel, of jy kan 'n bydrae maak vir enige plek op ons site. Ons sal op hierdie bladsye van die hoogtepunte van ons gasteboek publiseer, asook reageer op kommentaar/vrae wat jy mag hê.
Teken die Gasteboek (Gasteboek is stukkend van gemorspos...)
Die gesogte titel "Bobaas Boshoff-Boek Beskribbelaar(s)" word toegeken aan Lonneke van Gunugten. Ons was hoog in ons noppies met haar wat in Nederlands die gasteboek beskribbel het! Thanks Lonneke! Dit het ook tot lig gekom dat ons 'n nommer een posisie op Google.com besit! Yup, as jy soek vir "karringmelk beskuit" dan is die Boshoff-blad bobaas!
Lonneke van Genugten van Amsterdam skryf op September 18. 2003, 02:00:
Ik hoop dat jullie Nederlands kunnen lezen. Ik was inderdaad ook op zoek naar een recept voor karringmelkbeskuit. Ik heb een half jaar in Stellenbosch gestudeerd en was daar verslingerd aan Ouma beskuit & rooibosthee. Nu is rooibosthee in Nederland in elke supermarkt te vinden, maar beskuit helaas niet. Daarom dacht ik: dan moet ik het maar zelf gaan maken. Ik hoop dat het gaat lukken met jullie recept.
Ik wens jullie een gezonde baba toe en veel geluk samen.
Lonneke
Niel het 'n versoekie gerug vir ons website:
Niel Lambrechts van RS van A skryf op September 25. 2003, 01:09:Hallo kollegas,
Sit asb. 'n "contact us" dingetjie by, ek het soms nodig om my
geheue op te kikker oor wat julle jongste e-mail ades is... :)
Sterkte met die babatjie!
-Niel
Thanks Niel, slim plan, behalwe dat ons dan oorstroom sal word met gemorspos van allie goggas wat die net deurloop en soek na e-mail adresse. Jy kan egter vir my of Marésa mail stuur by een van ons voorname @boshoff.za.net. Sjap sjoet.