Die website
'n Website is in ons huis, soos in biljoene ander regoor die wêreld,
ietwat van 'n ekstra. Dis anders as, sê, 'n dagboek. 'n Dagboek
is 'n plek waar jy goete neerskryf met 'n sterk wete dat ander mense
dit nie maklik sal lees nie. Tog skryf jy dit asof daar 'n gehoor
is, amper asof jy hoop iemand lees dit per ongeluk, of in die hoop
dat dit actually iets beteken vir iemand as jy nie meer daar is nie.
Tog, 'n website is baie soortgelyk aan, sê, 'n dagboek. 'n Dagboek
is 'n plek waar jy dinge neerpen in 'n poging om jouself blywend te
maak. Om jou indruk meer permanent te maak, 'n troosprys vir jou siel
om die verganklikheid van jou menswees te kamoefleer.
Ons website is so bietjie soos bogenoemde, maar ook so bietjie anders.
Dis eintlik maar 'n geleentheid om jou te laat weet wat's koekieng
hier by die Boshoffs, siende dat ons waarskynlik in 'n ander land
as jy sit en jou nie so gereeld by 'n braai raakloop nie. Bietjie
onregverdig, want jy weet op den einde meer van ons as ons van jou,
maar miskien motiveer dit jou om van jou te laat hoor. Bietjie onregverdig,
want ons kry die hele ou spul van julle op een slag, so ons hoef nie
meer vir jou persoonlik 'n e-mail te stuur nie. ;) E-mail is 'n kategorie
waarin Jan kwaai tekortskiet. So hy sal uit die aard van die saak
meer energie aan die website as Marésa spandeer.
Die doel
O ja, die doel. Die doel is om jou iets te gee wat jy met jou hande
en oge kan maak as jy wonder hoe dit met ons gaan.
Hier wil ons kort nuusberiggies oor die grootste vertellingswaardighede
in ons lewens publiseer, dit sal altyd onder Wat's Nuut
val.
Die Fotojoernaal is wat ons motiveer om enigsins 'n
website te hê. Blaai saam met ons deur ons foto-album, dis amper
so goed soos om oor te kom vir koffie. Hierdie behoort gereeld opdateer
te word, siende dat ons gereeld e-mails vol foto's aan ons ouers stuur.
In die toekoms gaan dit eerder op die site kom, met mails aan die's
van julle wat regtig mooi vra. ;)
Allerlei is waar ons graag sommer dingetjies met julle
wil deel. Hier sal jy gereeld 'n nuwe resep kry wat ons dink is ongelooflik,
of ons friedsh pouetrie. Allerlei is ook waar ons inspirerende
dinge wil plaas, soos hoekom ons nie rassiste is nie, of ons nederige
opinies oor die lewe ensomeer.
Ons Gasteboek gee jou die geleentheid om aan ons terugvoering
te gee oor die dinge wat jy op ons website raakloop. Moet nou nie
verskrik wees en by ons kom kuier sonder om ons te laat weet jy was
hier nie! Dis erger as om te bel en nie 'n boodskap te los nie, omdat
jy nie daarvan hou om met 'n "masjien te praat nie". Gmpf.
Trap ons gerus uit oor iets wat ons kwytraak, of deel iets met ons
wat dit die moeite werd maak om te publiseer.
Laastens, 'n ou stiekertjie wat jou wys hoe die weer lyk hier by
ons. Die tyd bo in die regterkantste hoekie is die tyd wanneer die
stieker opdateer is, nie noodwendig ons local tyd nie.
Disclaimer
Niemand kon ons al oortuig dat jy jou moedertaal kan
vergeet nie. Maar een ding wat ons wel agtergekom het, is dat ons
taalvernuftigheid bietjie stomp geraak het. Ons is nie so eloquent
soos ons graag sou wou wees nie. Wat maak dat ons Engels tussen-in
skryf. So hier is 'n oulike projekkie as jy die dag wonder wat om
in ons gasteboek te pen, jy kan gerus deur ons werf blaai en ons taalfoute
uitwys en korrigeer. Olie so bietjie ons sinnetjies toe, ons sal dit
genuine, err... skies opreg, waardeer.
Dankjes
Die ontwerp van hierdie site is inspireer deur twee
mense. Jeff Frey en Leon Jacobs. Thanks boys. Jeff, maybe you stumbled
upon this and have no clue what I'm talking about, so I'll tell you
:). Thanks for partly inspiring this site design. There you have it.