:: Jan & Marésa se Blog Argief

Blog Argief

Kliek op 'n datum vir die inskrywings van daardie maand:


05/01/2003 - 05/31/2003
06/01/2003 - 06/30/2003
07/01/2003 - 07/31/2003
08/01/2003 - 08/31/2003
09/01/2003 - 09/30/2003
10/01/2003 - 10/31/2003
11/01/2003 - 11/30/2003
01/01/2004 - 01/31/2004

(As 'n link nie werk nie, beteken dit ons het niks in daardie maand geskryf nie.)


:: Nuus voor die Blog

[2003-05-09]

Ons het nog 'n baba mylpaal bereik! Ons is baie opgewonde om te sê dat die baba nou al baie aktief is en ek verseker kan voel hoe hy/sy beweeg. Jan het gisteraand vir die eerste keer 'n klein skoppie gevoel. Nou die aand was ook supercool toe ek hom/haar kon voel hik!! Dit is soveel pret.

Moeilik om te glo, maar hierdie Sondag sal die halfpadmerk van hierdie swangerskap wees - tyd vlieg!! Verder het hulle vanoggend vir my 'n boodskap gelos dat die volgende sonar die 9de Junie gaan wees, maar ek sal moet bel om te herskeduleer, want ek werk daardie dag :((. Hopelik maak hulle dit dan vroeer!


[2003-04-25]

Hierdie is nuutste foto wat ons kan wys van ons kind! Dit lyk eintlik maar bietjie spoerig op die foto, en dis regtig jammer, want dit lyk soveel beter as mens dit in aksie sien! Die sonar was supercool (ongelukkig net doen hulle nie hier in die VSA die 3D scan baie algemeen nie, so ons sien nog die "spook-images"). Elk geval, ons kon altwee die handjies sien, met 5 vingers aan elke hand! Die voetjies was daar en alles lyk baie goed! Die heel oulikste was toe sy ons die eerste keer die handjie wys, toe vat hy/sy dit so op na die voorkoppie toe en beginne te krap - mens kon dit SO duidelik sien en dit was supercool!!! 'n Regte klein denkertjie :)))

Die ander ding is dat ons ook besluit het om nie uit te vind of dit 'n dogtertjie of seuntjie is nie, en gelukkig het sy gese selfs al sou ons wou weet, was die baba nooit in die regte posisie om te kon se nie! Die verassing gaan dus groot wees!

Baie dankie vir julle almal se gebede! Die baba groei mooi en het 19 weke gemeet terwyl hy/sy eintlik nog net 17 weke en 5 dae ou is.


[2003-04-21]

Vandag het ons ons eerste doktersbesoek seder 12 weke gehad. Dit was ongelooflik, want ons kon die babatjie se hartkloppie hoor! woeg-woeg...woeg-woeg. Teen 150 slae per minuut. Dit was so mooi. Alles gaan goed, ons sien nou net uit na die komende sonar!

Julle almal, die Here is besig om met sorg en vernuf 'n baba in Marésa se pensie saam te weef! Hy/sy het 0.75cm gemeet op 6 Februarie, met 'n pols van 126. Alles is perfek normaal, en ons glo en vertrou dat dit so sal wees tot September! Loof die Here vir sy ongelooflike goedhartigheid, sy getrouheid en sy oneindige wysheid!


[2002-01-10]

Haas oor na die gasteboek toe, en gaan besigtig die nuutste gesogte "Bobaas Boshoff-Boek Beskribbelaar" titelhouers! Terwyl jy daar is, skryf sommer iets in die gasteboek, wie weet, jy kan die volgende titel wen!

Ons het sneeufoto's bygesit by die joernaal, kyk gerus, daar is 'n paar baie besonderse foto's.

Ons gaan binnekort die Southwest se volledige verhaal afhandel. Dan ook, ons gaan snowboard!!!! NNJAMMMIESS. Ons gaan volgende week van 16-19 Januarie Vermont toe vir die naweek. Ons kan onsself behoorlik nie meer inhou van opgewondenheid nie!

Lees ook gerus die hooftrekke uit ons jaarlikse nuusbrief, as jy nie jou eie in die pos ontvang het nie. Ons het 'n verkorte weergawe hier:

"Hallo liewe vriende en familie!

Ons wil julle graag bietjie meer van ons jaar vertel! 2002 was werklik 'n jaar van onvergeetlike..."

Sien die res van die nuusbrief...


[2002-12-29]

Sjoe, dis 4 maande later. Daar het 'n see water onder die brug deurgeloop... Ons het egter uiteindelik weer by die website uitgekom. Daar is twee nuwe hoofstukke by die Southwest foto's bygelas, en daar is ook 'n stukkie oor hierdie jaar se kersboom! Blaai gerus daarheen.

Ons is egter nou weer terug in produksie, dit behoort nie meer so lank te neem voor die Southwest foto's alles op is nie. Ons werk ook hard om 'n paar ander nuwe byvoeginge te maak, so hou hierdie spasie dop!


[2002-08-26]

Oh patata, daar's nog twee maande verby! Maar HIERDIE slag, moet jy sonder verdere verwylinge oorkliek na ons vakansie in die Suidweste toe! Dit was 'n ongelooflike tyd gewees, ons is so dankbaar vir die Here vir so 'n wonderlike seën. Die vakansie was 'n verassing vir Marésa vir haar verjaardag, maar dis een van daai (beste soort) geskenke wat ons altwee maksimum kon benut.

Ons het 240 foto's geneem, maar toemaar, ons sal hulle nie almal op jou laai nie ;). Tot dusver is daar twee hoofstukke uit die nege voltooi: Sedona en die Grand Canyon. Ons werk baie hard en behoort binnekort die res op te sit. Laat los jou naam in die gasteboek as jy "in die loop" gehou wil word van wanneer ons nuwe opdaterings maak!

[2002-06-16]

Sjoe, twee maande het verbygegaan sedert die laaste opdatering. Dis dalk omdat ons nie regtig iets ongeloofliks opwindend gedoen het sedert ons van Suid-Afrika af teruggekom het nie! Jan het die New York se motorskou besoek kort na ons terugkeer, maar daardie foto's het dit nie opgemaak tot nou toe nie. Ons het egter laasweek 'n besoek aan die nasionale akwarium by Baltimore gaan maak, wat baie die moeite werd is om op te kyk, blaai gerus na die joernaal toe!

Ons sal kort voor lank weer 'n paar byvoegins by die resepte versameling maak. Ons het 'n paar baie lekker disse wat ons met julle sal wil deel. Nou's 'n goeie tyd om daardie lekker sop van ons te maak in jul vriesige weer!

Geniet dit! Laat sommer weer bietjie van julle hoor ook deur die gasteboek te teken, mensdom, mens sal sweer julle kom nooit hierheen nie! "...Big Brother is watching you!..."

[2002-04-16]

Ons het uiteindelik die foto's van Suid-Afrika op ons werf. Ons het foto's van vroegoggend Amanzimtoti, asook 'n asemrowende panorama van die Drakensberg vallei, kyk gerus daarna by die joernaal!

Hoogtepunte van die afgelope paar weke volg:

Jan het die New York International Auto Show besoek. Mensdom, dit was ongelooflik. Daar was twee hoogtepunte van die dag: die Batmobile, en die feit dat Jan sy vlerkies verdien het deur 'n uur in Manhatten verkeer vas te sit. Nodige kwalifikasies is: 1.) Toet vir ander motors, 2.) Druk voor 'n New York kar in, 3.) Blok 'n intersection vir 15+ minute, 4.) Vermy die ouens wat jou karvensters wil was. Bogenoemde moet alles gedoen word sonder fisiese skade aan jou kar of jouself.

Ons het hierdie naweek 'n Jennifer Knapp & Jars of Clay konsert gesien. Dit was ongelooflik goed en so die moeite werd! As jy na goeie kontemporêre Christelike musiek soek, hierdie is uitstekende kunstenaars! Nou werk ons aan Third Day - Jan se gunsteling Christelike groep. Hulle kom oor twee weke na Sallsbury, Maryland.


[2002-04-02]

Schalk en Jana se troue was 'n besonderse dag! Kliek hier om al die foto's wat ons geneem het te beleef.

Ons het 'n fantastiese tyd in Suid-Afrika gehad! Dit was by verre te kort gewees, maar dit was so die moeite werd om daar te wees. Dis net regtig so jammer dat ons nie by alles & almal kon uitkom nie!


Februarie was 'n besonderse maand inderdaad! Die hoogtepunt van hierdie maand was verseker ons snowboarding trippie, wat jy gerus meer oor kan lees in die joernaal. Dit was egter ook 'n baie besige maand vol voorbereidings vir Suid-Afrika, Jan se verstandtande wat uitgegrou is.


[2002-02-09]

Ons kom kuier! Ons het ons kaartjies gekoop, so dis finaal. Ons gaan vir 'n baie kort 2 weke in Suid-Afrika kuier aan die einde van Maart.


[2002-02-02]

Die lang stilte is uiteindelik verbreek! Ons het 'n baie rowwe Januarie agter die rug, daarom dat julle nie veel van ons in hierdie maand gehoor het nie. Marésa moes baie dae ekstra werk oor die tekort aan aptekers in die gebied, en Jan het letterlik sy agterwêreld afgewerk vir 'n groot aanbieding wat hy gehad het die 30ste Januarie.

Jan se verstandtande is gister uitgehaal, so die ou sit met eekhoringkieste. Dit was glad nie so slegte ervaring soos mens jou indink dit moet wees nie, maar dan weer, dis nou maar eers 'n dag later, die groot pynighede kan dalk nog opdaag. Update: (2/9/02), die groot pynighede het toe nie grootliks opgedaag nie, net so nou en dan in die aande!

Ons het twee stelle foto's bygevoeg, een van ons ski-vakansie met ons huweliksherdinking aan die begin van Januarie, die ander van ons Kersvieringe by Marésa se apteek. Gaan loer gerus daar in!


[2001-12-16]

Weereens GROOT opdaterings! Ons het hierdie naweek baie foto's bygevoeg! Kyk gerus na ons onlangse besoek aan New York City en ook die foto's van ons kersboom!


[2001-12-01]

Kyk, vandag was grootliks LESSENAARDAG. Ek het 'n groot deel van die dag spandeer om een lessenaar aanmekaar te sit. :)) Kliek hier onder vir die hele stap-vir-stap ou spulletjie!

Sien so paar foto'tjies


[2001-11-10]

Ons het heerlik in Dover gekuier vandag, by Jason en Andrea se ouers. Hulle twee het Jan onder hul vlerke geneem toe hy nog alleen hier in die U.S. was en het gesorg vir 'n "huis weg van die huis". Dit is twee baie dierbare mense vir wie ons regtig lief is.

Sien so paar foto'tjies


[2001-11-04] Groot opdaterings!

Nie baie van julle het al agtergekom nie, maar ons het baie dinge al bygevoeg sedert die site die eerste maal sy verskyning gemaak het. Daar is 2 nuwe resepte en tonne nuwe foto's bygevoeg by die foto-joernaal!

Ons geniet ook vreeslik die lekker inskrywings by die gasteboek, maar sjoe, julle is maar WOES skaam hoor! Laat wiel met die inskrywings! Mens teken hierdie gasteboek nie net eenmaal nie.

Kyk ook die pragtige herfsfoto's wat ons vandag bygesit het by die joernaal.


[2001-11-01] Kampus Bybelstudie

Ons het die geleentheid gehad om die kerk se kampus-groep Donderdagaand te lei. Dis so 'n voorreg om deur die Here gebruik te word! Ons wil graag die nota's van die aand se Bybelstudie op ons site sit, maar dit sal 'n paar uur moeite kos. So as jy dink dit sal iets vir jou beteken, laat weet ons (gasteboek wink wink), dan maak ons so! Die titel was "Our God is a God of Covenant", en gaan oor wat ons van God leer oor die feit dat Hy verlang om met ons as mense 'n verbond te sluit.


[2001-10-21] Ons Webtuiste!

Yup, hierdie website is splinternuut. Hoekom so eenvoudig? Want dis maklik en mag moontlik die enigste manier wees hoe ons enigsins kans sien om daaraan te bly karring!

Meer oor ons website...


[2001-10-05] Marésa is 'n Apteker!

Na 2 en 'n half jaar se wag, se bid, se glo en vertrou in God se voorsiening vir ons, is Marésa uiteindelik ten volle lisensieer om in Maryland apteker te wees. Nie intern nie, apteker.