Sondag was die groot verassingdag! Ons gaan glad nie eens naastenby nou alles vertel nie, maar ons wou graag net so drie foto's opsit van wat die dag gebeur het. Julle, dit was so ongelooflik. Die Here het ons so ongelooflik geseën met vriende wat ons werklik liefhet. Op die einde van die dag het ons so ongelooflik baie goed gekry wat ons nodig het vir Baba B, maar ons het besef dat dit so min werd is in vergelyking met die verhoudinge wat ons het met die mense het wat dit alles bymekaargesit het.
Dankie aan almal van julle daar by die huis wat ook bygedra het om hierdie dag vir ons ongelooflik spesiaal te maak. 'n Hoogtepunt was werklik vir ons om al die briefies en geskenkies van die huis af oop te maak. Ons het dit glad nie verwag nie, dit was so 'n groot verassing! Marésa wil graag oor die shower skryf, so ek gaan net die paar foto'tjies hier insit hoor!
Agter in Nate & Heidi se tuin:


