As jy jouself een of ander tyd 'n Goutie genoem het, of alternatiewelik, as jy gedink het dis silly om jouself 'n Goutie te noem, maar jy het by Goudrif skoolgegaan, zirts oor na die reunie bladsy en sign op om op die bus te kom!
93 Matriex Reloaded
Ons is baie hard aan die werk aan die foto's van ons onlangse vakansie na Southern California. Na hierdie komende naweek behoort Jan ook meer tyd op sy hande te he, en dan kan ons 'n meer georganiseerde effort maak om dit klaar te kry. So... nie meer lank nie!
Hi! Ons het besluit om 'n "weblog" service te begin om julle meer gereeld op datum te hou met nuusigheidjies vanuit die Boshoff tuiste! Hierdie bladsy gaan van nou af aangedryf word deur blogger.com, 'n smart maatskappy, wat onlangs deur 'n ander smart maatskappy oorgekoop is (google.com).
Dit maak dit vir ons baie maklik om vinnig ietsie op die site by te las, soos 'n vinnige foto of as daar 'n groot gebeurtenis aan't kome is.